Kickboxers skitter by kampioenskappe

Ranger Grebe (afrigter) saam met Wian Grebe, Audan Olivier, Anando Olivier, Divan van Deventer, Dirk Harold Mostert, Simon Greeff, Chaunique Bruce en Divan Rademeyer. Foto verskaf

AGT atlete van Grebe’s Kickboxing Club in Oudtshoorn het van 26 tot 29 April 2025 aan die SAKA Nasionale Kickboxing Kampioenskappe in Newcastle, KwaZulu-Natal deelgeneem.

Die kampioenskappe het ongeveer 700 van Suid-Afrika se beste kickboxers gelok, met meer as 2 000 gevegte wat oor die naweek plaasgevind het.

Die Oudtshoorn-groep het uitstekend gevaar, met elke atleet wat ten minste een afdeling gewen het.

Drie van hulle – Simon Greeff, Wian Grebe en Chaunique Bruce – is dubbel Suid-Afrikaanse kampioene.

Uitslae:

  • Wian Grebe: 2x Goud, 1x Brons
  • Audan Olivier: 1x Goud, 1x Silwer
  • Anando Olivier: 2x Goud, 1x Silwer
  • Divan van Deventer: 1x Goud, 1x Silwer
  • Dirk Harold Mostert: 1x Goud, 1x Silwer
  • Simon Greeff: 3x Goud
  • Divan Rademeyer: 1x Goud, 2x Brons
  • Chaunique Bruce: 2x Goud, 1x Silwer

Die afrigter, Ranger Grebe, het die span gelei en hul prestasies is ’n bewys van die harde werk en toewyding van beide atlete en afrigter. Die groep gee ook God al die eer vir elkeen se prestasies.

Toekomstige Gebeure in Oudtshoorn:
Nog opwindende nuus vir die streek, Die volgende Wes-Kaap ‘Kickboxing’ Kampioenskappe vind op 3–4 Oktober 2025 in Oudtshoorn plaas. Boonop is die dorp aangewys as gasheer vir die Nasionale ‘Kickboxing’ Kampioenskappe wat van 25–28 April 2026 gehou sal word.