Kellerprinz se krieketspan wat die Top 8 Vlakkiekrieket gewen het. Die kaptein van die span, Lya Goliath, is voor in die middel agter die trofee. Foto: Garnett Wicomb
Deur Garnett Wicomb
DIE Kellerprinz-krieketspan is 2017 se Top 8 Vlakkiekrieketkampioen nadat hulle Hungry Lions oortuigend verslaan het in die eindstryd Sondag op die oop stuk grond regoor die ou Alpha Teater in Springbokweg.
Kellerprinz het die wedstryd met 81 lopies gewen nadat hy 143 lopies aangeteken en Hungry Lions daarna vir ’n net 53 lopies uitgeboender het.
John Stefaans en Greg Matroos, albei van Kel-lerprinz, is onderskeidelik as beste bouler en kolwer van die toernooi aangewys.
’n Groot aantal toeskouers het die eindstryd en hoogtepunt van die gewilde toernooi bygewoon.
Kellerprinz het die Neppon Warriors in hul halfeindstryd geklop en Hungry Lions vir die Aussies.
Die vier ander spanne wat na die Top 8 deur-gedring het, is die Truckfits, Underdogs, Extremes en Zulu.
Die toernooi word aangebied deur die Oudtshoorn Munisipaliteit en die plaaslike takke van die Departemente Maatskaplike Ontwikkeling en Kultuursake en Sport.
Die toernooi is ook geborg deur die Biljohn-familie, Reggie Dyssel, adv Benito Metembo, pastoor Lionel Venter, Kannaland Kekkel & Kraai, Audio Brooks en Lee Barnard.