SWD Premierliga skop weer af

Deur Higgo Jacobs
DIE SWD Premierliga skop die naweek weer af met verskeie spanne van Oudtshoorn wat Saterdag en Sondag in aksie sal wees.

Union Stars voorloper in die liga, speel Saterdag in ’n wegwedstryd teen Ramblers. Western Hope speel op sy tuisveld teen Harlequins Magte.

In die promosieligawedstryd speel Bongolethu Saterdag weg teen Blanco, Dysselsdorp op George teen Thembalethu, en Young Stars van Calitzdorp in ’n wedstryd op hul tuisveld teen Sussex.
Op Sondag speel Union Stars op Mosselbaai teen Mosselbaai, Western Hope op George teen George en Harlequins Magte weg teen Ramblers.

In die promosieliga speel Ladismith weg teen New Dawn Park.

• In die Premierliga loop Union Stars ná 8 wedstryde voor met altesame 35 punte. Mosselbaai lê met 23 punte tweede ná 6 wedstryde en Harlequins Magte, ook ná 6 wedstryde der-de met 15 punte.
Western Hope is ná 7 wedstryde in die 9de en voorlaaste posisie met 9 punte.
Ramblers is in die 10de en laaste posisie.