Die 7’s rugbytoernooi het Saterdag, 25 Oktober, in Bergoord plaasgevind. Tien spanne was uitgenooi, maar ongelukkig kon slegs vier spanne dit bywoon.
Die spanne wat aan die toernooi deelgeneem het, was die Harlequins, Karoo Force, Karoo Blitzers en Kavaliers. Al die spanne het teen mekaar gespeel.
Die finaal was gespeel deur Harlequins en Karoo Force. Karoo Force, die wenners, het ’n skaap as prys gewen. Die volgende toernooi vind op 29 November in Riversdal plaas, waar prysgeld van R15 000 op die spel is vir die wenners. (GRANWILLE GOLIATH)
Karoo Force wen 7’s in Bergoord
Foto verskaf