Kansa gholfdag lok meer as 70 spelers

Die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) se Suid-Kaap-tak het Saterdag (15 April) 'n gholfdag by die Oudtshoorn Gholfbaan aangebied om fondse vir hul werk in die gemeenskap in te samel. Die kompetisie het ’n 4-bal beter bal-formaat aan die 72 spelers gebied.Onder links: 13-jarige AJ Swart in aksie. Bo: Die wenners van die dag op ’n telling van 48 saam met Odendaal (voor heel links) en borge van die dag. Agter is Koos du Plessis van Sanlam (links) en Jurie Neethling, klubkaptein van die Oudtshoorn Gholfklub. Voor van links is Daniel Boks, Sergio Arries en Jacques Berry, Midas-verteenwordiger. Onder regs: Marc Spearpoint van die Verenigde Koningkryk het kom saamspeel. Foto’s: Stefan Skapie Goosen