Kango-maraton lok 2 000 atlete

Bo: Atlete nader Oudtshoorn tydens Saterdag se Kango-maraton. Foto verskaf Onder: Atlete wag om weg te spring vir die 42,4 km by die Kango-grotte. Foto verskaf

Die pad by Schoemanspoort en die parkeerterrein voor die Kango-grotte was Saterdagoggend ’n miernes van atlete met die aanvang van vanjaar se Kango-maraton.

Ongeveer 1 300 atlete het om 06:00 by die grotte weggespring vir die 42,2 km maraton.

Op dieselfde tyd het 700 atlete in Schoemanspoort weggespring vir die 21,1 km halfmaraton vir drawwers en stappers.

Die Infanterieskool op Oudtshoorn reël hierdie gewilde jaarlikse mara-ton wat atlete vanoor die hele land heen lok.

Die uitslae is as volg:
Mans 42,2 km:
Selwyn Matthews 02:24:12, John April 02:26:18 en Ross Barnard 2:30:31
Dames 42,2 km:
Bianca Meistre 03:05:12, Carla Spangenberg 03:06:40 en Nerida Lubbe 03:13:44.
Mans 21,1 km draf:
Bruce Maboza 01:07:17, Francois Maquassa 01:07:45 en Anderson Ncube 01:08:21.
Dames 21,1 km draf:
Melissa van Rensburg 01:25:01, Anel Visser 01:26:17 en Nikki Walter 01:27:53.
Mans 21,1 km stap:
Armond Nel 01:58:15, Ernst van Zyl 02:21:38 en Mmaphuti Maleka 02:35:57.
Dames 21,1 km stap:
Mariana van Zyl 02:29:52, amanda Koekemoer 02:37:25 en Jackie Calitz 02:40:29.

Be the first to comment on "Kango-maraton lok 2 000 atlete"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*