Laerskool Wesbank toutrek presteer

Bo: Die 230 kg A span het silwer medaljes verower. Foto verskaf Onder: Die 340 kg dogterstoutrekspan wys hul staal. Foto verskaf

Laerskool Wesbank se seuns- en dogters toutrekspanne het uitstekend gevaar die naweek van 1 Maart by die Eden Overberg toutrekkompetisie in Swellendam.

Dit het behoorlik katte en honde gereën en die kompetisie is later uitgestel as gevolg van die gure weer. Dit het egter nie die kinders verhoed om goed te presteer nie.

Daar was 8 spanne ingeskryf. Die spanne was 230 kg A, 230 kg B, 230 kg C, 280 kg C, 340 kg dogters, 400 kg A, 400 kg B en 440 kg A.

Die spanne het 4 medaljes ingepalm, naamlik 440 kg goue medalje, 340 kg dogters silwer medalje, 400 kg A silwer medalje en 230 kg silwer medalje.

Hulle het ook vier sertifikate in die ontwikke-lings afdeling ontvang, 280 kg C brons sertifikaat, 230 kg B silwer sertifikaat, 230 kg C brons sertifikaat en 400 kg B goue sertifikaat.

“Ons is ongelooflik trots op al ons spanne wat so goed gevaar het by hul eerste volwaardige toutrekkompetisie,” vertel Ludwig Swanepoel, een van die span se afrigters.

Be the first to comment on "Laerskool Wesbank toutrek presteer"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*