Drie spelers van Oudtshoorn Jukskeiklub was vanaf 24-28 Februarie as deel van die Eden span na die Senior Akademiese SA’s in Kroonstad.
Hulle is Hercules Kritzinger, Florine Zeeman en Magda Davel. Die vierde lid was van Hartenbos Jukskeiklub. Davel en Zeeman het albei in die dubbel-afdeling brons medaljes verower. Die Eden-span het 5de geëindig in hul afdeling.
Dieselfde span is weer gekies om in Maart vanjaar by die Senior SA’s, ook in Kroonstad, deel te neem. Dit is beslis ’n groot prestasie wanneer daar in ag geneem word dat Oudtshoorn se jukskeiklub slegs nege maande oud is.
Odn jukskei blink uit

Be the first to comment on "Odn jukskei blink uit"