Jurie se duiwe vlieg weer voor

DIE Oudtshoorn Posduifklub (OPK) en die Klein Karoo Posduifklub (KKPK) het Saterdag (26 September) vanaf Kimberley gevlieg.

Jurie Geldenhuys van OPK se duiwe is met albei vlugte – 23 en 24 – weer eerste gemandjie, soos met die vorige vlugte. Die Klein Karoo Lofts-span (KKL) en Hannes Smit van KKPK het elk hul duiwe eerste ingeklok.

OPK Ope-afdeling – wedvlug 23 se uitslae is: Geldenhuys – 1, 4, 7 en 8; Raubenheimer Broers – 2, 5 en 12; Johan de Jager – 3; en Ockie@Abe – 6, 9, 10 en 11.

OPK Ope-afdeling – wedvlug 24 se uitslae is: Geldenhuys – 1 en 8; Ockie@Abe – 2, 5 en 6; Raubenheimer Broers – 3 en 7; en De Jager – 4, 9 en 10.

KKPK Ope-afdeling – wedvlug 23 se uitslae is: KKL – 1, 5, 9, 13, 15, 16 en 24; Cobus van der Merwe – 2, 4, 11, 14, 19, 20 en 21; Smit – 3, 6 en 10; George Erasmus – 7, 17, 18 en 23; Tobie Ellis – 8 en 12; en Dirk Greeff – 22.

KKPK Ope-afdeling – wedvlug 24 se uitslae is: Smit – 1, 2 en 4; Van der Merwe – 3 en 5; Greeff – 6, 7, 15 en 17; Erasmus – 8, 13 en 16; KKL – 9, 10, 11 en 14; en Ellis – 12. (Deur Stefan Skapie Goosen)