SES junior tennisspelers van Oudtshoorn het tydens die onlangse Eden Mini 1-tennistoernooi op George met puik vertonings tot afsonderlike eindstryde deurgedring.
Nikita Stander was die naaswenner vir meisies o.12, Isabella Bekker die naaswenner vir meisies o.10, Christiaan Marincowitz die naaswenner vir seuns o.10, Zerwich Westraad die naaswenner vir seuns o.16, Fourie Delport die naaswenner vir seuns o.12 en saam met sy maat wenners in die dubbels vir seuns van o.12.
Franco van Rensburg en sy maat was die naaswenners in die dubbelspel vir seuns o.12.
Die ses word onderskeidelik deur Pieter van der Walt, Christine van Coller en JK Koch, almal afrigters op Oudtshoorn, afgerig. (Deur Garnett Wicomb)
Juniors presteer in tennistoernooi
Van links staan Fourie Delport, Nikita Stander, Zerwich Westraad, Franco van Rensburg, Isabella Bekker en Christiaan Marincowitz. Foto: Garnett Wicomb