VAN die 66 deelnemers aan Saterdag se 272ste Oudtshoorn Parkrun – aangebied by Surval – was dit twee juniors, albei leerders van Langenhoven Gimnasium, wat die septer geswaai het.
Die 17-jarige Tyron-Lee Andries het met ’n blitsige tyd van 16 minute 47 sekondes die 5 km voltooi, met William van Tonder, ook 17, in die tweedeplek met sy tyd van 18 minute 17 sekondes.
Sanell Bothma (8ste algeheel) was die wenner van die vroue met ’n tyd van 24 minute 39 sekondes, met Tarren Jullies in die tweedeplek, slegs vyf sekondes stadiger.
Albertus Kennedy het Saterdag ’n besondere mylpaal bereik toe hy sy 150ste Parkrun voltooi het.
Die voorste drawwers was Andries (16:47), Van Tonder (18:17), Pieter Hendrik Gers (21:49), Heinrich Boje (21:58), Francois Verwey (22:08), Jaco Pretorius (22:22), Johannes le Roux (24:05), Bothma (24:39), Jullies (24:44), Cobus Diepraam (25:14), AJ van Tonder (25:25), Albertus Kennedy (26:21), Francois le Roux (27:04), Conrad Jullies (28:10). Jacques Jacobs (28:18), Richter Scholtz (30:16), Annemarie le Roux (30:58), Henry Carstens (31:09), Jacqueline Emmerich (31:50) en Bart Saaiman (32:07). (Deur Garnett Wicomb)
Juniors oorheers Parkrun
