Junie se Besigheidskamer Gholfdag wenners

Op die foto van links is Abrie Ferreira (Voorsitter Oudtshoorn Besigheidskamer), Daniel Boks, Ian Laubscher, Francois-André Beets (borg) en André van Greunen (borg). Foto: Lindi Brill

Junie se Besigheidskamer Gholfdag is op Woensdag, 5 Junie by die Oudtshoorn Gholfklub gehou en was soos altyd ’n hoogtepunt vir al die spelers.

Die dag is deur PG Glass en Timbercity geborg. Daar was 44 spelers in die veld gewees en Daniel Boks en Ian Laubscher het die eerste plek losgeslaan met ’n puntetelling van 48.

Wynand Louw en Skillie Pretorius het die tweede plek ingeneem met 47 punte en in die derde plek was S. Arries en W. Phillipus met 46 punte.