Jong Oudtshoorniete het vandeesweek hul tuisdorp se naam hoog gehou op die gholfbaan. Van links is Chloe Kelpin-Malgas, Sergio (Garcie) Arries en Gabriel Malgas. Chloe is Sondag, 27 Maart as die Sentraal Karoo vrouegholfkampioen aangewys by die 2022 Sentraal Karoo-distrik Ope. Die manskampioen was Ivan Williams. Sergio en Gabriel het op hul beurt onderskeidelik die o.17 en o.13 Suid-Kaap gholfspanne gehaal wat van 22 tot 24 April in Robertson teen die Boland- en Wes-Kaapspanne tydens ’n driehoekige byeenkoms gaan meeding.
Foto’s: Ebenezer Titus