Jeugdige Sergio oes louere in

Foto bo: Die Oudtshoorn Besigheids-kamer se maandelikse gholfdag, 4BBB-stableford-kompetisie, het Saterdag by die Oudtshoorn Gholfklub plaasgevind. Die jeugdige Sergio Arries (naaslinks) en Errol Pretorius (afwesig) het met die eerste plek weggestap met ’n telling van 45 punte. By Sergio, van links, is Paul Stroebel (klubkaptein), Danie van der Berg (borg vir die dag) en Gideon Badenhorst (namens Oudtshoorn Besigheidskamer). Foto onder: Allistair Kie­wiets (links) en Warren Human wat die tweede plek behaal het met ’n telling van 44 punte. Foto’s: Ebenezer Titus