Jaco Mortlock wen individuele puntjiespel

DIE Oudtshoorn Gholfklub se individuele putjie-spel Saterdag is gewen deur Jaco Mortlock met ’n telling van 39 punte.

Louis Fourie jr en Christo Odendaal, albei ook met 39, was op ’n uittel tweede en derde. Llewel-lyn Rheeder en Louis Fourie sr, albei met 36, was op ’n uittel vierde en vyfde.

Deon van Dyk en Billy Capel het die boerpot gedeel. Rheeder was naaste aan die pen op die der-de en het ’n spogtwee op die 13de geslaan. Billy Capel sr het ’n spogtwee op die 15de geslaan.

• Woensdag, 15 Maart, se kompetisie is gewen deur Coenie Coetzee met 44 punte gevolg deur Capel (42 punte), Anton Kok en Terry van Coller (albei met 40) en Garth Matthews (37).
Die boerpot is gewen deur Niel Truter.

Van Coller was naaste aan die pen op die agtste putjie. Fanie Greeff het ’n spogtwee op die 12de putjie geslaan.