
DIE Interdistrik Jeugfees wat deel is van die Oudtshoorn Munisipaliteit se Sportfees het 11 – 13 Julie in Oudtshoorn plaasgevind.
Die onderskeie ouderdomsgroepe wat deelgeneem het was die o.17 seuns en dogters, o.15 seuns en dogters, o.13 seuns en dogters en die o.11 seuns en dogters.
Die Crit-toets het op Dinsdag, 11 Julie by die VG Kerk, Bridgton, plaasgevind.
Die deelnemers het ’n sirkelroete van 1,37 km gery vir 10 minute vir die onderskeie uitdunne. Woensdag, 12 Julie, het die padwedlope by Highgate plaasgevind.
Die Junior mans en dames, asook die 0.17 seuns, het ’n afstand van 72 km gery.
Die o.17 dogters en die o.15 seuns het ’n afstand van 34 km gery, en die o.15 dogters, o.13 seuns en dogters en die o.11 seuns en dogters het ’n afstand van 15 km gedoen. Vanaf twee-uur die middag het die spantydtoetse plaasgevind.
Op Donderdag, 13 Julie, gaan die fees voort by die Red-Rock Raceway-ovaalbaan. Die onderskeie kompetisies wat daar plaasvind is die “MTB XCO”, die “short bunch race” en die “scratch race”. (Deur Lindi Brill)