Die halfeindrondes van die SWD Rugbyliga het verseker gesorg vir groot opwinding op die rugbyvelde verlede Saterdag, 7 September.
Die Harlequins se A-span het teen die Seagulls gespeel en met 38-29 gewen. Die Quins se B-span het teen die Rangers uitgespeel en het ook hul wedstryd met 30-12 gewen.
Volgende Saterdag speel albei die Quins-spanne in die Uitdaagbeker A en B-afdeling se eindstryd teen Evergreens op Outeniqua Park waar al die wedstryde gespeel gaan word.
Die All Blacks se B-span het teen Eagle Stars gespeel en hulle met twee punte geklop met ’n telling van 23-21. Die A-span het hulle wedstryd verloor teen Happy Hearts met 29-32. Die B-span speel volgende Saterdag in die eindstryd van die Eersteliga B-spanne teen die Silver Stars om 14:30.
Die wedstryd van die Oudtshoorn RFC teen Riversdale het in ekstra tyd ingegaan, met die uitslag van 32-37 in Riversdale se guns. Die B-span het teen Mosselbaai Titans vasgeval met ’n telling van 28-32.
Die wedstryde en tye van die eindstryde op 14 September by Outeniqua Park is as volg:
A-veld: 9:00 – Barbarians vs Heidelberg;
10:30 – Riversdal Dorp vs Bitou; 12:15 – Happy Hearts vs Silver Stars; 14:00 – Evergreens vs Harlequins; 16:00 – Groot-Brakrivier vs Heidelberg.
B-veld: 8:30 – MSB Titans vs Bitou;
10:00 – Evergreens vs Maori’s; 11:30 – Evergreens vs Harlequins; 13:00 – Groot-Brakrivier vs Barbarians; 14:30 – All Blacks vs Silver Stars. (Deur Lindi Brill)
Halfeindrondes sorg vir naelbyt-oomblikke op rugbyveld
Die agsteman van die Oudtshoorn RFC se A-span, Lehander Botha, met die bal, tydens die halfeindronde wedstryd teen Riversdale. Foto: Verskaf