SONDAG se reën op die Oudtshoorn Sportgronde (Rec) het daartoe gelei dat geen spel moontlik was op die laaste dag van die Sunfoil Reeks-kragmeting tussen die Kaapse Kobras en die VKB Knights nie.
Toeskouers is wel Vrydag en Saterdag getrakteer met ’n lopiefees. Die Knights, wat eerste gekolf het, het 489 lopies geslaan, waarop die Kobras met 447 lopies geantwoord het.
• Die twee spanne speel van 26 tot 29 Oktober weer op die Rec in die Sunfoilreeks teen mekaar.