Liam Hooper van Laerskool Wesbank het by vanjaar se SA Gym Games in Oktober twee goue en ’n silwer medalje verwerf. Hy is die nasionale kampioen vir seuns o.10 in die dubbelmini – vlak 7 asook in tuimel – vlak 6. Liam het ook silwer vir Euro Trampolien (vlak 7) ontvang. Hy gaan Suid-Afrika in Desember in Namibië by die Streek 5-kampioenskapstoernooi verteenwoordig.