Groen en goud vir Wian en Joshlyn!

Wian Espach en Joshlyn Pretorius.

TWEE lede van die Oudtshoorn Muurbalklub se junior akademie het die SA Plattelandspan gehaal toe hulle van 24 tot 27 April in Bloemfontein aan ’n toernooi deelgeneem het.

Wian Espach en Joshlyn Pretorius, twee van ongeveer 25 spelers in die akademie, het hul klub se naam hoog gehou en sal tydens die Julievakansie deelneem aan die Junior IPT Toernooi wat in Port Elizabeth en Potchefstroom plaasvind.

Wian het ook tydens die WP Junior-toernooi, wat vanaf 7 tot 9 Mei plaasgevind het, die vyfde plek behaal.

Die akademie is in 2019 gestig onder leiding van Charlotte Botha en word tans bestuur deur Rudie van der Poel. (Deur Stefan Skapie Goosen)