Goeie steun vir gholfdag

Deur Ben du Preez
ALTESAME tagtig gholfspelers het Saterdag (3 Junie) ingeskryf vir die 4BBB Stableford-gholfdag wat deur die Oudtshoorn Gholfklub aangebied is om hul baan se 60ste bestaansjaar te vier.
Ockie Horowitz en Marthinus Oosthuizen was met ’n puik telling van 53 punte die wenners.

Paul Stroebel en Fanie Greeff (50 punte) was tweede, Theo Adams en Howard Ellis (48 punte) derde en Kobus Griebenouw en T Durandt (46) vierde. Dave Greeff en WM Badenhorst met 45 punte, was vyfde, en Gideon en Anneline Badenhorst, ook met 45, op ’n uittel sesde.

• Horowitz was naaste aan die pen op die twaalfde putjie, Piet Swanepoel op die agttiende, Pietie Mooney op die derde, Salie Ooosthuizen op die vyfde, Louis Fourie (jr) op die agste en Ian Laubscher op die vyftiende.
• Afdeling A van die Ope Oudtshoorn Gholfdag oor 36 putjies Sondag (4 Junie) is gewen deur Meyer Potgieter met ’n telling van 142 houe.

Jakub Hrinda was met 143 punte tweede. Hy is gevolg deur Marlo Pienaar, Jordan Duminy, Hans-Jurie Human en Henk Geldenhuys wat al vier 144 houe geslaan het.
Vuk Rankovic het met 166 houe afd B gewen.
Spelers vanoor die Suid-Kaap het aan dié toernooi deelgeneem.

Gholfwenners

Ockie Horowitz (naasregs)  en Marthinus Oosthuizen (regs) het Saterdag met ’n telling van 53 punte die 4BBB Stablefordgholfdag wat plaasgevind het as deel van die Oudtshoorn Gholfklub se vieringe van die 60ste bestaans­jaar van hul baan, gewen. By hulle is Morné Tome (regs) van Chatz Cellular wat die gholfdag geborg het, en Gideon Badenhorst, klubkap-tein. Altesame 80 spelers het aan die gholfdag deelgeneem.

Fanie Greeff (links) en Paul Stroebel  wat Saterdag met 50 punte die naaswenners van die 4BBB Stableford was.

Fanie Greeff (links) en Paul Stroebel wat Saterdag met 50 punte die naaswenners van die 4BBB Stableford was.