Gimmiesportspanne ding weer mee

Langenhoven Gimnasium (wit en blou) se eerste meisieshokkiespan het Saterdag (24 April) uiteindelik met die jaar se sport begin toe Hoërskool Tygerberg van Kaapstad tydens ’n toer hier kom speel het. Gimmies het met 13 -1 gewen. Covid-19-regulasies het sport verlede jaar en tot dusver vanjaar gekelder. Vir die skool se sportlui was dit opwindend dat hul spanne weer op die veld gedraf het. Seunshokkie-, netbal- en rugbyeerstespanne het die dag ook hul staal gewys teen die besoekers van die Kaap. Die seunshokkiespan het met 4-0 gewen en die netbalspan met 41-10. Die rugbyspan het met 7-21 verloor. Foto: Ebenezer Titus