Gimmie krieketuitslae

Die o.15 B-span van Langenhoven Gimnasium wat op 23 Oktober teen Oakdale gespeel het. Foto: Verskaf

Langenhoven Gimnasium se o.15 B-krieketspan het op 23 Oktober op hul tuisveld teen Oakdale se o.15 C-span gespeel. Oakdale het eerste gekolf en 96 lopies in 20 boulbeurte aangeteken. Gimmies is met hul kolfbeurt almal uitgeboul vir 90 lopies en het die wedstryd met 6 lopies verloor. Ricky Julies is met vier paaltjies as die beste bouler aangewys en Abrie Espach is as beste kolwer aangewys met 21 lopies van 28 balle.

Op 24 Oktober het Langenhoven Gimnasium se o.19 A-span teen Bridgton se o.19 A-span gespeel. Bridgton het eerste gekolf en 84 lo-pies vir die verlies van 10 paaltjies in 16.2 boulbeurte aangeteken. Gimmies het met hul kolfbeurt 79 lopies aangeteken vir die verlies van 6 paaltjies in 20 boulbeurte, en met 5 lopies verloor. Juvandré Alexander is aangewys as beste bouler met 3 paaltjies met een lopie afgestaan in 2.2 boulbeurte. Tewie Lategan was die beste kolwer met 26 lopies aangeteken met 29 balle.

Die o.15 A-span het op 26 Oktober teen Glenwood House se o.15 A-span gespeel en met 138 lopies gewen. Gimmies het eerste gekolf en is almal uitgeboul vir 191 lopies. Glenwood kon met hulle kolfbeurt slegs 53 lo-pies aanteken. Franco Meyer is as die beste bouler aangewys met 4 paaltjies geneem in 4 boulbeurte, met 12 lo-pies afgestaan. Laythum Murphy was die beste kolwer met 41 lopies.

Die o.19 A-span van Langenhoven Gimnasium het op dieselfde dag ook teen Thembalethu se o.19 A-span gespeel en met 98 lopies gewen. Theo Qusheka is aangewys as beste bouler met 4 paaltjies in 7.4 boulbeurte vir die verlies van 24 lopies. Die beste kolwer was Farrel-Leigh Dido met 80 lopies. (LINDI BRILL)