
’n Span van 81 Eden-atlete het verlede Saterdag, 26 Oktober, aan die OP Interprovinsiale Twee-kamp-byeenkoms in Gqeberha deelgeneem.
Eden het meegeding teen OP, Grens en Vrystaat. Ten spyte van 36 onttrekkings waaronder die span gebuk moes gaan, het die Eden-atlete goed presteer. Hulle het 13 medaljes (6 goud, 4 silwer, 3 brons) en 6 vierde plekke verower. Bernard Lamprecht (o.11) het die prys gewen vir die vinnigste tyd in die 400 m en Anita Louw was aangewys as die Senior Victrix Ludorum. Eden het ook in die spankompetisie tweede geëindig.
Met die byeenkoms het Eden hulle nuwe atletiekdrag ingewy. Hierdie byeenkoms sluit die eerste deel van die tweekampseisoen af. Die tweede deel van die seisoen begin net nadat die skole in Januarie 2025 heropen. Die Highgate/Groter Oudtshoorn Interprovinsiale byeenkoms sal op 1 Februarie 2025 plaasvind en die SA Kampioenskappe is geskeduleer vir 21-22 Maart 2025. (LINDI BRILL)