Deur Higgo Jacobs
DIE Oudtshoorn Gholfklub se individuele stableford Saterdag is deur Chris Odendaal met ’n telling van 39 punte gewen. Colin Swigelaar (38) was tweede gevolg deur Rudi Mortlock, Carl Hancke en Jurgens Burger (jr), al drie met 37, wat op ’n uittel derde, vierde en vyfde was.
Die boerpot is gedeel deur Swigelaar, Billy Capel, Daniël Boks, Gideon Badenhorst en Claude Wilson. Capel was op die 12de die naaste aan die pen. Mortlock het op die 8ste ’n spogtwee geslaan en Odendaal en Hein Victor op die 15de.
• Woensdag, 11 Oktober, se individuele stableford is gewen deur Johan Cornelissen met 43 punte, op ’n uittel gevolg deur Lollies van Rensburg, Terry van Coller en Colin Swigelaar, al drie 39 punte. Willem Burger (38) was vyfde. George Fourie het die boerpot gewen.