Anel van Wyk van Oudtshoorn wat tweede in die vroue-afdeling van die 20,1 km-wedloop was.
Foto’s: Higgo Jacobs

Sowat 3000 langasems vanoor die hele land het Saterdag aan die Meiringspoort-padwedlope deelgeneem. Hier drom van die atlete in die vroegoggendkoue saam by die wegspring van die 12,5km-wedloop. Foto: Higgo Jacobs
Deur Higgo Jacobs
SOWAT 3000 atlete van regoor die land het Saterdagoggend aangetree vir die Meiringspoort-padwedlope oor 20,1km en 12,5km wat in die poort begin en op De Rust eindig.
Dit was die 25ste keer dat dié ge-wilde byeenkoms plaasvind met die belangstelling wat jaarliks nog toeneem nadat die eerste wedloop in Oktober 1993 slegs 310 atlete gelok het.
Die 20,1 km-wedloop is deur Lloyd Bosman van George in 01:04:05 gewen. John April van Oudtshoorn was tweede in 01:09:39.
Melissa van Rensburg van George (01:25:44) was die vrouewenner, met Anel van Wyk (01:26:29) van Oudts-hoorn kort op haar hakke. Bianca le Grange (01:55:41) van Oudtshoorn was tweede in die junior-afdeling.
Jason Jafta van Oudtshoorn het die meestersafdeling (50-59 jaar) van die 12,5 km-wedloop in 50:18 gewen.