Lara Rossouw (o.10) van die Laerskool Wesbank en Liebe Oosthuizen (o.14) van Langenhoven Gimnasium het op Sondag, 11 Februarie op George die enkelspeltitels in hul onderskeie ouderdomsgroepe by die George Mini Eden Sportsentrumtennistoernooi gewen. In die eindstryde het Rossouw vir Suzanne le Roux met 6-3, 6-3 geklop, en Oosthuizen vir Patricia Esterer met 6-0, 6-7, 11-9. Albei word deur Christine van Coller en Johann Koch afgerig. Foto: Garnett Wicomb