Deur Higgo Jacobs
Krieket SWD se eerste krieketafrigtingskonferensie vind môre (Vrydag) op die Rec plaas.
Die doel hiervan is om krieketafrigters met die nuutste kennis, vaardighede en inligting oor ver-skeie afdelings van die spel toe te rus, sê Albertus Kennedy, hoofuitvoerende beampte van KSWD.
Verskeie aanbieders onder wie Adrian Birrel, vorige assistent-afrigter van die Proteas, sal met die afrigters praat. Birrel sal die klem laat val op praktiese afrigtingsmetodes wat hy oor die jare op verskeie vlakke van afrigting opgedoen het.
Henrico Louw van die George Kampus sal ’n praktiese en teoretiese sessie aanbied oor kondisionering wat baie relevant is in vandag se wêreld van sport.
Ander gassprekers sluit in Baakier Abrahams, hoofafrigter van SWD, en Jean du Plessis wat pas terug is van Nieu-Seeland waar die o.19 Wêreldbeker beslis is.
Die program begin om 08:00 met registrasie en koffie en sluit om 17:00 af met drankies.