Geen keer aan Sergio

Sergio (Garcie) Arries (17) van Oudtshoorn was lid van die Suid-Kaap se o.17-gholfspan wat Saterdag op Heidelberg teen Boland gespeel het. Sergio was vier jaar oud toe hy saam met sy pa Jakobus begin gholf speel het en op die oop stuk veld agter Aurial Kollege gereeld balle afgeslaan het. So tussendeur sy gholfspe-lery het hy ook rugby en krieket vir Sacred Heart Primêr gespeel. Hy is terloops na die Spaanse gholfsuperster, Sergio Garcia, vernoem, daarom ook die bynaam Garcie. Foto: Ebenezer Titus