Twee Oudtshoorniete, Garnett Wicomb (bo) en Elmarie Lategan, is op pad na Kroasië waar hulle tussen 15 en 21 September as lede van die SA 75+-tennisspanne aan die Internasionale Tennisfederasie se Super Seniors Wêreldkampioenskap gaan deelneem. Dit is die derde jaar ná mekaar dat Wicomb die span haal en die 10de keer dat Lategan nasionale kleure kry. Wicomb is die derde gekeurde in sy ouderdomsgroep en Lategan die tweede gekeurde vrou in dié groep.