FRANCOIS Le Roux was Saterdag (12 Junie) se wenner van die 57ste virtuele Oudthoorn Parkun met sy tyd van 24 minute 50 sekondes.
Met sy tyd van 28 minute 4 sekondes het Conrad Jullies die tweede plek behaal.
Hierna het gevolg Bart Saaiman (29:05), Hildegarde Bruwer (30:08), Annemarie le Roux (30:57), Sylvia le Roux (35:00),
Helena Smit (36:00), Garnett Wicomb (45:27) en Abraham Hendricks (62:00).
• Die wiele is aan die rol vir die hervatting van Parkrun by die Surval Olyf Landgoed wat verlede jaar gestaak is weens die Covid-19-pandemie. Dit sal waarskynlik op Sater- dag 3 Julie hervat word. (Deur Garnett Wicomb)