Francois wen 60ste Parkrun

FRANCOIS LE ROUX was Saterdag (3 Julie) die vinnigste van die deelnemers aan die 60ste virtuele Oudtshoorn Parkrun met ’n goeie tyd van 26 minute 6 sekondes.

Die vorige week se wenner, Henry Carstens, was tweede met ’n tyd van 28 minute 24 sekondes en Bart Saaiman derde met sy tyd van 28 minute 34 sekondes.

Hildegarde Bruwer was in die vierde plek met haar tyd van 29 minuite 19 sekondes en die vinnigste van die vroue.

Hierna het gevolg Conrad Jullies (29:20), Abraham Hendricks (30:30), Annemarie le Roux (31:46), Sylvia le Roux (34:46), Helena Smit (36:05), Belinda Muller (39:51), Leonie Stuurman (42:20), Garnett Wicomb (49:00) en Echbert le Roux (58:21). (Deur Garnett Wicomb)