
Laerskool Van Reede se trompoppiespan. Foto verskaf
DIE finaliste wat meeding om vanjaar gekroon te word as die Groter Oudtshoorn se sportsterre van die jaar is vandeesweek bekend gemaak.
Dié sportlui word op Donderdag 29 November vereer wanneer die munisipaliteit en die Groter Oudtshoorn Sportraad, se jaarlikse Sporttoekenningsonthaal in die Banketsaal plaasvind.
Hilton Adonis, bestuurder: afrigting van SA Rugby, is die gasspreker.
Die finaliste is:
Sportvrou met gestremdheid: Clarodene Hendricks, Izine Hufke en Tamra Bezuidenhout (rolstoelrenne);
Sportman met gestremdheid: Gerrit Hendricks, Lorenzo Palanyandi en Denver John (rolstoelrenne);
Laerskole-sportvrou: Jada Coetzee van LS Van Reede (swem, tweekamp en trompoppies), Marlie Ellis van LS Wesbank (atletiek) en Marsu Jordaan van PJ Badenhorst Primêr op Dysselsdorp (atletiek);
Laerskole-sportman: Kobus Geyser van LS Wesbank (skaak), Al-Rique Carew van Bergsig Primêr (krieket en baldans), John-Wayne Peter-sen van PJ Badenhorst (skaak) en Wayden Willemse van De Villiers Primêr (atletiek en rugby).
Laerskole-afrigter: Ronald Presher van LS Van Reede (afrigter Van Reede- en Protea-trompoppies) en Jaque van Aswegen van PJ Badenhorst (afrigter Marsu Jordaan en SWD o.13 rugby).
Laerskole-sportspan: LS Van Reede-trompoppies.
Hoërskole-sportvrou: Lynique Blaauw van Bridgton Sêkonder/BSS (trompoppies), Charlissa Schultz van Gimmies (fietsry) en Keysha Kortjie van Dysselsdorp Sekondêr (sokker).
Hoërskole-sportman: Benino Hans van BSS (fietsry) en Johan Müller van Gimmies (krieket en sewesrugby).
Hoërskole-afrigter: Megan Presher (Struisies-trompoppies), Lynn Petersen en Eunique Belelie (albei af-rigters van BSS-trompoppies).
Hoërskole-sportspan: Struisie-trompoppies, Zibi Stars-fietsryspan, Gimmies o.19-seunskrieketspan en BSS-trompoppies.
Junior sportvrou: Jacquine Strydom van Gimmies (skopboks), Daetania de Laan van BSS (karate), Anlize Vermeulen van Struisies (swem) en Sarah-Jane Lewis van LS Van Reede (karate).
Junior sportman: GW Lund van Gimmies (gymkana en rugby), Lleythan Smith van Struisies (karate) en Thomas Bell van Struisies (skopboks).
Senior afrigter: Ranger Grebe (skopboks), Corné Bence (fietsry), Karel Gerhardus (rugby) en Lionel Prinsloo (rugby).
Senior span: Grebe’s Skopboks-klub, Spring Roses Rugbyvoetbalklub en Adias Rugbyvoetbalklub.
Senior sportvrou: Yolande de Villiers (fietsry).
Senior Sportman: Errol Pretorius (fietsry), JD Glinister (skopboks) en Rudi Mortlock (gholf).