
Rugbyspanne van Oudtshoorn was besig oor die naweek met talle wedstryde wat gespeel is. Heel bo is aksie uit die wedstryd tussen Spring Roses van Oudtshoorn en Happy Hearts van Brandwag. Die telling tussen hierdie spanne se A-spanne was 29-22 in Happy Herts se guns, en tussen die B-spanne 12-10 in Spring Roses se guns.
Bo pak die Oudtshoorn Departement van Korrektiewe Dienste se Eagles die Young Leaves van Mosselbaai aan. In die A-span se wedstryd wen die Eagles 31-20, en in die B-span se wedstryd wen die Eagles 18-3.
Onder is aksie uit die wedstryd tussen Bridgton Rugbyklub en George Rugbyklub. Bridgton se A-span wen 56-17, die B-span wen 71-17 en die C-span verloor 22-24. Die Oudtshoorn Rugbyklub het ook teen Uniondale te staan gekom. Die Oudtshoorn A-span verloor 14-26 en die B-span verloor 10-23. Foto’s: Ebenezer Titus
