Equin Josephs het Suid-Afrika en sy gemeenskap besonder trots gemaak nadat hy ’n goue medalje verower het tydens die COSSASA-atletiekbyeenkoms in Zimbabwe.
Hierdie talentvolle jong atleet het in die seuns o.17 hoogspring deelgeneem en ’n indrukwekkende hoogte van 2 meter gespring – ’n prestasie wat hom bo die res van die kompetisie laat uitstyg het.
Die byeenkoms het sterk deelname van lande soos Suid-Afrika, Zimbabwe, Eswatini, Lesotho en Namibië gelok. Teen hierdie hoë vlak van kompetisie het Equin kalm gebly en met selfvertroue sy spronge uitgevoer. Sy tegniek, fokus en deursettingsvermoë het uiteindelik die verskil gemaak en hom die topposisie besorg.
Hierdie prestasie is nie oornag bereik nie. Dit is die resultaat van ure se harde werk, intense oefeninge en opofferings. Equin se toewyding tot sy sport is duidelik sigbaar, en sy sukses dien as inspirasie vir ander jong atlete wat groot drome koester.
By sy skool is sy prestasies ook erken toe hy aangewys is as senior sportman en beste atleet. Hierdie toekenning beklemtoon nie net sy talent nie, maar ook sy dissipline en voorbeeldige hou-ding.
Equin se reis is nog lank nie verby nie. Hierdie jong atleet mik steeds hoër en is vasbeslote om nog groter hoogtes te bereik. Met sy vasberadenheid en passie vir atletiek, lyk die toekoms beslis blink vir Equin Josephs. (GRANWILLE GOLIATH)
Equin maak ons trots in Zimbabwe
Foto verskaf.