Els en Peet wen kamergholf

Morné Els (naaslinks) en Theo Peet (naasregs) met die lekker vleispryse wat hulle ontvang het as wenners van Oudtshoorn Besigheids­kamer Gholfdag. By hulle is Paul Stroebel (links), klubkaptein, en Gideon Badenhorst van die Besigheidskamer. Foto: Higgo Jacobs

Deur Higgo Jacobs
DIE Oudtshoorn Besigheidskamer se maandelikse gholfdag op Woensdag, 4 September, is gewen deur Morné Els en Theo Peet met ’n telling van 45 punte.

Francois Verwey en Lollies van Rensburg (44) was tweede gevolg op ’n uittel deur Garth Matthews en William Malgas (44). Niel Truter en Frans Celliers (43) was vierde en Chris Odendaal en Fanie Fourie (42) vyfde.

Die dag het ook ’n kolhou opgelewer.

Leonie van Greunen het op die 3de putjie die naaste aan die pen geslaan en Ferdi Jonck op die 12de.