Ronaldo Jansen, plaasvervangersenter van die All Blacks se A-span, duik oor vir ’n drie in sy span se kwarteindstryd van die SWD Presidentsliga teen Spring Roses Saterdagmiddag op die Bridgton Sportgronde (Plate). In ’n wedstryd van twee uiteenlopende helftes het All Blacks A met 28-25 gewen nadat hulle rustyd met 7-20 agter was. All Blacks A speel nou Saterdag op Mosselbaai teen Mosselbaai in die halfeindstryd van die Presidentsliga. All Blacks, wat Saterdag vir Collegians met 23-18 geklop het in die B-afdeling van die Presidentsliga, speel Saterdag in die halfeindstryd op Mosselbaai teen Seagulls van Stilbaai. Foto: Ebenezer Titus