Die o.14B meisieshokkiespan van die Laerskool Wesbank wat die Eden o.14B-meisieshokkieliga gewen het, is voor van links Minke Müller, Li-Ann van Wyk, Kristen Meyer en Mia Theunissen, middel me Rouxlani Heyns, Luka Stan-der, Marlene Bekker, Anri van Rooyen en Denel de Kock, en agter Mari Linford, Nina Strydom, Roné Joubert, Michelle Minnie en Ella Rossouw. Die span het gedurende die seisoen 32 doele aangeteken en slegs vyf afgestaan.

Die o.14B seunshokkiespan van die Laerskool Wesbank wat die Eden o.14B-seunsliga gewen het, is voor van links Jean Conradie, Sarel van den Heever, Ruhann Goets, Roux Delport en Christiaan Stover, middel Andreas Engel-brecht, Divan Myburgh, Anando Olivier en Marius Griebenauw, en agter me Sulindi du Plessis, Ludwig Meyer, Wihan du Plessis, Louis Uys en me Mariska Pedersen. Die span het gedurende die seisoen 40 doele in 20 wedstryde geslaan en slegs drie afgestaan.