Na ’n suksesvolle 2024/2025-seisoen is die bestuur van Eden Tweekamp reeds besig met die beplanning van ‘n moontlike besiger 2025/2026-seisoen, wat reeds vroeg in Oktober 2025 afgeskop het.
Benewens twee interprovinsiale byeenkomste, is Eden Tweekamp ook weer die gasheer vir die 49ste Suid-Afrikaanse Tweekampkampioenskappe, wat op 20 en 21 Maart in Oudtshoorn aangebied sal word.
Daarbenewens bied Eden Tweekamp ook twee proewebyeenkomste, vier ligabyeenkomste, die gewilde Wimpy Dubbelsbyeenkoms, die Eden Kampioenskappe, drie ontwikkelingsklinieke en ’n kapasiteitswerkswinkel aan.
Die Eden Tweekamp Uitvoerende Bestuur, onder voorsitterskap van Stephnie McKay, beleef tans ongekende groei. Inligting oor byeenkomste en aktiwiteite is beskikbaar op die webtuiste www.edenbiathlon.com.
Vir verdere navrae kan die operasionele bestuurder, Dave van der Walt, gekontak word by 082 773 4901 of per e-pos by davesusvdw@gmail.com.
Eden Tweekamp gereed vir besige seisoen
Foto verskaf