Eden Sporttoekennings – sportlui hou Oudtshoorn se naam hoog!

VERSKEIE Oudtshoorniete is verlede Donder­dagaand op Riversdal bekroon as wenners van die Eden

Sportraad Sporttoekennings vir 2017.

Volgens Rudi Claassen, voorsitter van die reëlingskomitee, is meer as 160 benoemings verwerk om die wenners in die 31 kategorieë aan te wys. Hy het gesê die reëlingskomitee was verras met die aantal benoemdes wat op internasio­nale vlak gepresteer het!

Die wenners van die Eden-toekennings dring as finaliste deur na die Wes-Kaapse Sporttoekennings wat op 16 September vanjaar plaasvind.

Sportlui van Oudtshoorn wat Donderdagaand trofees omhoog gehou het, is:
• Carin-Joy Blaauw, kaptein en spanleier van die Laerskool Van Reede Trompoppies wat as die Skolespan van die Jaar aangewys is. Die span was vanjaar sewende in die Elite-afdeling van die Nasionale Trompoppiekampioenskap en het die eindstryd in al hul afdelings gehaal;

• Antonio Bruiners van die Laerskool van Reede wat aangewys is as die Laerskolesportman van die Jaar. Antonio was die kaptein van die SWD se o.13-Cravenweekspan;

• Anique Wolmarans van die Hoërskool Oudts­hoorn wat aangewys is as die Hoërskolesportvrou van die Jaar. Dié netbalspeler het vanjaar die Proteaspan gehaal;

• Philo Verlaat, fietsryer van formaat, wat as die Sportman van die Jaar met ’n Gestremdheid aangewys is. Hy het verskeie medaljes gewen in nasionale para­fietsrybyeenkomste en verteen­woordig die Suid-Afrikaanse parapadfietsryspan;

• Jarco Ferreira van Langenhoven Gimnasium wat as Junior Sportman van die Jaar aangewys is. Jarco het aan die nasionale en internasionale opblaaskragbootkampioenskap deelgeneem en was saam met sy spanmaat internasionaal 20ste in sy afdeling;

• Oudtshoorn se naelloop-wêreldkampioen, Toy Ungerer, wat as die Meestersportvrou van die Jaar is aangewys;

• Oudtshoorn Christelike Jeugforum wat as Ontspanningsliggaam van die Jaar aangewys is. Philip Seroux het die toekenning in ontvangs geneem;

• Corné Botha van Eden Fietsry wat bekroon is vir tegniese uitnemendheid;

• Rolina Lerm, ’n bekende in pluimbalkringe op Oudtshoorn, wat as ’n Eden Sportlegende aange-wys is;

• Eden Fietsryfederasie wat onder Corné Bence se voorsitterskap as Eden se Topfederasie van die Jaar aangewys is; en

• Christo Vermaak wat as Eden se Sportjoernalis van die Jaar aangewys is.

Jarco Ferreira van Langenhoven Gimnasium, Eden: Junior Sportman van die Jaar.

Jarco Ferreira van Langenhoven Gimnasium, Eden: Junior Sportman van die Jaar.

Anique Wolmarans van die Hoër-skool Oudtshoorn, Eden: Hoërskolesportvrou van die Jaar.

Anique Wolmarans van die Hoërskool Oudtshoorn, Eden: Hoërskolesportvrou van die Jaar.

Antonio Bruiners van die Laerskool van Reede, Eden: Laersko-lesportman van die Jaar.

Antonio Bruiners van die Laerskool van Reede, Eden: Laerskolesportman van die Jaar.

Toy Ungerer van SWD Meesters-atletiek, Eden: Meesterssport-vrou van die Jaar.

Toy Ungerer van SWD Meestersatletiek, Eden: Meesterssportvrou van die Jaar.

Philo Verlaat wat as Eden se Sportman van die Jaar met ’n Ge-stremdheid aangewys is.

Philo Verlaat wat as Eden se Sportman van die Jaar met ’n Gestremdheid aangewys is.

Carin-Joy Blaauw wat namens die Laerskool van Reede Tromppoppies die trofee vir Skolespan van die Jaar ontvang het.

Carin-Joy Blaauw wat namens die Laerskool van Reede Tromppoppies die trofee vir Skolespan van die Jaar ontvang het.

Corné Botha, (Eden Fietsry) wat erkenning gekry het vir tegniese uitnemendheid.

Corné Botha, (Eden Fietsry) wat erkenning gekry het vir tegniese uitnemendheid.

Rolina Lerm, ’n be-kende in pluimbal-kringe, was as Sport- legende vereer is.

Rolina Lerm, ’n be-kende in pluimbalkringe, was as Sport- legende vereer is.

Corné Bence van die Eden Fietsry Federa-sie, wat as topfedera-sie aangewys is.

Corné Bence van die Eden Fietsry Federasie, wat as topfederasie aangewys is.

Christo Vermaak, wat as Eden se Sportjoernalis van die Jaar aangewys is.

Christo Vermaak, wat as Eden se Sportjoernalis van die Jaar aangewys is.