Deur Higgo Jacobs
Die Laerskool Laurus op Oudts-hoorn se eerste Legendes-gholfdag Saterdag (29 Julie) op die Oudts-hoorn Gholfbaan was baie suksesvol met 72 spelers wat deelgeneem het.
Die gholfdag, ’n vierbal-alliansie, waarin die twee beste tellings op elke putjie tel, is met ’n telling van 93 punte gewen deur Francois Verwey, Willem Burger, Etiënne Roos en Louis Koen, oud-Proteakrieketspeler wat die “legende” in die span was.
Tweede was Wilco Lourens, M du Toit, David Greeff en Dwayne Venter (91 punte), gevolg deur Ockie Horowitz, Pieter Nel, Kobus Griebenouw en Marthinus Oosthuizen met 91 punte, McNeil Hendriks, Colin Swigelaar, Pietie Mooney en Phil Mooney, ook met 91, en Morne Greeff, Fanie Greeff, Terry van Coller en Steven Pieterse met 88.
Skillie Pretorius (jr) het op die 3de en 12de putjies die naaste aan die pen geslaan. Die “legendes” Meyrick Pringle en J Smith het onderskeidelik op die 8ste en 15de putjies die naaste aan die pen geslaan.
• Woensdag, 26 Julie, se maandelikse houespel is deur Paul Stroebel met ’n spogtelling van 66 gewen.
In afdeling A was Deon Barnard die wenner met 76 houe en in afdeling B Louis Slabber met 68 houe.
Gideon Badenhorst (71) was tweede en Dmitri Malgas (71) derde.
Stroebel (66) het afd C gewen met Jurie Neethling (72) tweede en Johan Cornelissen (74) derde.
Morné Greef en Malgas was die Naaste aan die pen op die 15de.