Deur Garnett Wicomb
DRIE van Eden se vier tennisspanne het Saterdag op Worcester hul ewe-knieë van Noord-Boland oortuigend geklop in hul jaarlikse vriendskaplike kragmeting.
Eden se ope-span het met 22-2 geseëvier, die 40+- en 60+-spanne elk met 10-2 terwyl die 50+-span die onderspit met 1-11 gely het. Dit het aan Eden ’n algehele oorwinning van 43 wedstyde teenoor 17 besorg.