Eden Sportraad hou jaarvergadering

DIE Eden Sportraad se vyftig distriksportfederasies en ses munisipale sportrade vergader op Vrydag, 2 Junie, om 18:00 vir sy algemene jaarvergadering om onder meer sy aktiwiteite die afgelope jaar in oënskou te neem.

Die vergadering vind in die konferensielokaal van George se Burgersentrum in Yorkstraat plaas.
Lede wat nog nie hul dokumentasie ontvang het nie kan die sekretaris, Dave van der Walt, kontak by sportcouncil.eden@gmail.com.