Eerste Kango Agri Expo op 23 Mei aangebied

Die drie leerders van Laerskool Wesbank het ATKV-leessertifikate ontvang vir die meeste Afri­kaanse boeke gelees in die eerste kwar­taal. Van links is Christiaan Oberholzer (intermediêre fase), Lara Meyer (grondslagfase) en Karla Marais (senior fase).  Foto verskaf

Die drie leerders van Laerskool Wesbank het ATKV-leessertifikate ontvang vir die meeste Afri­kaanse boeke gelees in die eerste kwar­taal. Van links is Christiaan Oberholzer (intermediêre fase), Lara Meyer (grondslagfase) en Karla Marais (senior fase). Foto verskaf

DIE Kangovalleie Boerevereniging, bied op 23 Mei in samewerking met ’n aantal vennote, ’n eerste aan in die Klein Karoo: die Kango Agri Expo.

Verskeie besighede gaan produkte, implemente en dienste uitstal, en die program vir tegniese en ander aanbiedings neem reeds mooi vorm aan.

Landbou, spesifiek binne die Klein Karoo, bevind dit tans in ’n moeilike situasie weens verskeie faktore. Die Expo sal plaaslike boere blootstel aan nuwe geleenthede en vertakkings binne die landbou.
“Met hierdie Expo wil ons probeer om iets terug te gee aan die boer­de­rygemeenskap in die Klein Karoo,” sê Chris Botha, voorsitter van die Kangovalleie Boerevereniging en een van die organiseerders van die Expo. “Veral kleiner boere het behoefte om ook blootstelling te kry sonder om Nampo of die Megaweek by te woon. Hierdie is ’n wonderlike geleentheid vir plaaslike besighede om bemarking te doen deur uitstal­lings of spreekbeurte, maar ook om vir die boere blootstelling te gee aan nuwe produkte en boerderygeleent­hede. Vir baie jare is daar nie meer ’n Landbouskou in Oudtshoorn nie, en hierdie kan groei tot ’n jaarlikse instelling in die Klein-Karoo.”

Belangstelendes word genooi om Botha (084 250 2483) of Kobus Theron (079 619 0124) te kontak indien hulle wil deelneem. Tariewe vir uitstallers is baie billik en die organi­seerders sal innoverende voorstelle vir deelname oorweeg.