Deur Garnett Wicomb
DIE A-span van Dysselsdorp Ran-gers het Saterdag op sy tuisveld nog ’n bonuspunt-oorwinning in die SWD Karoostreekliga behaal deur White Roses van Uniondale met 36-5 te klop. Die rustydtelling was 7-5.
Hoewel die eerste helfte taamlik gelykop verloop het, het Dysselsdorp in die tweede helfte die pap dik aan-gemaak deur vier drieë te druk.
Donnie Makonie (senter) het twee drieë gedruk en Ben Gertse (vleuel), Eric Campher (agtsteman) en Sha-wandré Lewis (skrumskakel) een elk.
Davestin Esau (heelagter) het drie van die drieë verdoel en ook ’n strafdoel behaal.
Volgens Arnold Claassen (afrig-ter) verdien Lewis se drie spesiale vermelding. Hy het ’n skrumbal bin-ne sy kwartgebied opgeraap, dit vo-rentoe geskop, dit weer in die hande gekry, weer geskop en die bal agter die pale toegeval.
“Dit het die skare, soos die vorige week, in vervoering gehad. Hy is beslis ’n speler wat in die toekoms dopgehou moet word,” sê Claassen.
Dysselsdorp se uitblinkers agterlangs was Makonie, Lewis en Jason Jantjies, losskakel. Voorlangs het Eric Campher en Cheslin Saptou (slot) hul harte uitgespeel.
• Rangers B het White Roses B in ’n vriendskaplike wedstryd met 34-7 geklop. Die B-span het ses drieë gedruk en is tans die voorlopers op die punteleer vir B-spanne.
Freek Oktober (slot) het twee drieë gedruk en D Antonie (losskakel), Darryl de Villiers (agtsteman), Je-rome Ayford (senter) en Rowen Ewerts (slot) een drie elk.
Rangers speel Saterdag teen Young Leaves van Waboomskraal.