Vier leerders van die Oudtshoorn Vaardigheidskool is vir die SWD-krieketspan gekies wat van 28 tot 9 Oktober in Benoni, Gauteng, aan die jaarlikse SA Kriekettoernooi vir leerders met Spesiale Onderrigbehoeftes (LSOB) gaan deelneem. Hulle is Elvin van Huyssteen (links), Beviano Swiegelaar (naaslinks), Andriesco Jansen (regs) en Amore September, wat afwesig was met die neem van die foto. By die drie hierbo is Ernest Loff, krieketafrigter van die skool. Foto: Wyndham Ewerts
Deur Garnett Wicomb
NOG drie lede van die Wesbank Tennisklub is pas gekies om Suid-Afrika vanjaar in die buiteland te gaan verteenwoordig.
Hulle is Hanlé Cronjé, Elmarie Lategan en Garnett Wicomb wat in September in Umag, Kroasië, aan die ITF Super Senior Wêreldtenniskampioenskap gaan deelneem.
Christine van Coller en Rida Bes-ter is reeds vroeër gekies vir die SA 50+span wat in Augustus in Duitsland aan die ITF Senior Wêreldkampioenskap gaan deelneem.
Cronjé is ingesluit in die 60+span, Lategan in die 70+span en Wicomb in die 75+span.
Lategan en Wicomb was verlede jaar ook in die span wat in Orlando, Florida, gaan speel het.
Dit is die agtste keer dat Lategan en Van Coller SA kleure kry, Bester se vyfde keer en Cronjé en Wicomb se tweede keer.
Die spelers kan self besluit of hul-le ook aan die individuele wêreldkampioenskap wil deelneem.
Die spelers is verantwoordelik vir al die koste en ontvang slegs ’n sweetpak van Tennis Suid-Afrika.