Dyason wen 26ste virtuele Parkrun

JACQUES DYASON was Saterdag (7 November) die wenner van die 26ste virtuele Oudtshoorn Parkrun met ’n tyd van 23 minute 31 sekondes.

Tarren Jullies (24:21) was die tweede vinnigste en Francois le Roux (26:56) derde.

Hierna het gevolg Conrad Jullies (27:45), Newald Groenewald (27:56), Hildegarde Bruwer (28:07), Henry Carstens (30:33), Annemarie le Roux (31:28), Sylvia le Roux (37:39), Garnett Wicomb (44:50), Deon Jacobs (44:51) en Geraldine Loftie-Eaton (45:17). (Deur Garnett Wicomb)