DIE Oudtshoorn Posduifklub (OPK) se lede het Sondag (27 Junie) weer hul duiwe op Victoria-Wes in die Sentraal-Karoo losgelaat.
Volgens Christo Senekal, voorsitter van die OPK, is die duiwe die naweek eers op Sondag losgelaat, omdat die weer Saterdag te sleg was. “Ons duiwe sou almal weggewaai het,” het hy gesê.
Padlangs, met die N12, is die af-stand tussen Victoria-Wes en Oudts-hoorn sowat 316 km, maar die duiwe in albei afdelings het afstande van tussen 255 en 263 km afgelê.
In die OPK se Jaaroudafdeling het George Erasmus en die Raubenheimer Broers se duiwe die top-drie plekke behaal. Albei se duiwe het in die Ope-afdeling ook die topposisies beklee.
Volledige Jaaroudafdeling-uitslae: Erasmus – 1, 4, 5, 8, 11 en 14; Raubenheimer Broers – 2, 3, 13, 16, 17 en 20; Johan de Jager – 6, 7, 15, 19 en 21; Ockie@Abe – 9 en 18; Hannes Smit – 10, 12 en 22.
Volle Ope-afdeling-uitslae: Erasmus – 1, 2, 4, 10, 12, 24 en 26; Raubenheimer Broers – 3, 6, 7, 8, 13, 15 en 16; De Jager – 5, 11, 17, 19, 20 en 22; Ockie@Abe – 9, 14, 18 en 21; Smit – 23 en 25. (Deur Stefan Skapie Goosen)
Duiwevlugte van Victoria-Wes
Só lyk dit wanneer wedvlugduiwe losgelaat word. Hierdie foto is tydens ’n vorige wedvlug geneem. (Foto verskaf.)