Saterdag (26 Junie) se wenner van die 59ste virtuele Oudtshoorn Parkrun was die veteraan, Henry. Carstens, met ’n vinnige tyd van 26 minute 23 sekondes.
Francois le Roux se tyd van 26 min 32 sek was die tweede vinnigste, met Bart Saaiman derde (28:37).
Hildegarde Bruwer (28:46) was die vinnigste van die vroue en vierde algeheel.
Die top-vier is gevolg deur Conrad Jullies (29:46), Annemarie le Roux (29:59), Abraham Hendricks (32:05), Helena Smit (36:05), Sylvia le Roux (37:12), Garnett Wicomb (43:49) en Echbert le Roux (77:30). (Deur Garnett Wicomb)