VERLEDE naweek se wedvlugte van die Oudtshoorn Posduifklub vanaf Kimberley was vir ’n baie goeie doel. Daar is vir ’n spesiale trofee gevlieg met die doel om fondse in te samel vir die Kankervereniging. Dirk Greeff is genomineer as wenner van die trofee.
Die duiwe is omstreeks 06:15 losgelaat. Wedvlug 31 is gewen deur Hannes Smit. Sy duif het ingeklok om 14:14:57. Wedvlug 32 is gewen deur Klein Karoo Lofts met ’n inkloktyd om 14:13:48.
Die junior, MJ Pienaar het weereens uitstekend gevaar deur ’n federasie wedren te wen.
Wedvlug 31-uitslae: Hannes Smit – 1, 14, 23 en 25; Dirk Greeff Lofts – 2, 10, 13 en 20; Klein Karoo Lofts – 3, 7, 8, 11, 19, 24 en 29; Night Drop Racers – 4, 5, 9, 12, 17, 18, 21 en 28; A.M.J. Lofts – 6, 16, 26 en 30; Ockie Olivier @ Abi – 15 en 22; Thelma’s loft – 27; M.J. Pienaar – 31.
Wedvlug 32-uitslae: Klein Karoo Lofts – 1, 2, 4, 5, 25 en 26; M.J. Pienaar – 3; Hannes Smit – 6 en 21; Dirk Greeff Lofts – 7, 12 en 6; Thelma’s loft – 8, 15, 18 en 22; Night Drop Racers – 9, 10, 17, 19, 20 en 24; A.M.J Lofts – 11, 13 en 23; Ockie Olivier @ Abi – 14. (Deur Lindi Brill)
Duiwe vlieg vir goeie doel
Dirk Greeff het die spesiale trofee van die Santa-wedvlug gewen, ’n spesiale wedvlug waar fondse ingesamel is vir die Kankervereniging. Foto: Verskaf